Your browser version is outdated. We recommend that you update your browser to the latest version.

Ons pragtige historiese kerk, wat verlede jaar die honderdste bestaansjaar van die kerkorrel gevier het, het twee loodglasvensters as Kersgeskenk van een van die gemeentelede, Elna Slabber, ontvang.Almal het gehelp om hierdie droom van Mev Slabber waar te maak.  Meeste van die Hopefielders was opgewonde oor die idee en oud tot jonk het hand bygesit.

 Haar woorde was “ As ek dit kan regkry om met my loodglasuitbeeldings een kindjie nader aan God se Woord te bring, was al die harde werk die moeite werd.”

 

Die teksverse is gebruik om dit te probeer uitbeeld .Ps 23:2 “Na waters waar rus is, lei Hy my heen en Gal 5 :22 Die ligstrale wat tot op die mense kom, beeld die vrug van die Heilige Gees uit.Loodglas gaan oor lig, God se lig.  Soos alles in die lewe kan dit nie tot sy reg kom as daar nie lig is nie.Die gedagte vir die loodglasvensters het vyf jaar gelede ontstaan.  Dit het Mev slabber en haar helpers meer as twee jaar geneem om alles finaal klaar te maak.