Your browser version is outdated. We recommend that you update your browser to the latest version.

ONS KERKGEBOU

 

Ons kerkgebou is voorwaar ‘n baken aan die Weskus en ook saam met Hopefield die ‘eiendom’ van die gemeenskappe van Saldanha,Vredenburg en Langebaan omdat sy die moeder is van hierdie gemeentes wat direk of indirek van haar afgestig is. 
Die oorspronklike kerkgebou is in 1879 opgerig en was gou te klein om aan die behoeftes van die gemeente te voorsien. In 1909 is besluit om die gebou te vergroot deur twee vleuels en die kerktoring aan te bou. Hierdie ‘nuwe’ gebou is in 1911 ingewy.

Die klein Hopefield gemeente het ‘n baie groot verantwoordelikheid om die gebou in stand te hou sodat dit ‘n aanwins vir die Weskus kan bly. 

        
Indien iemand op meer tasbare wyse ‘n bydrae wil maak sal dit baie waardeer word. 

Bankbesonderhede:

Standard Bank

Vredenburg

Rek No. 083291814

 Verwysing: Boufonds

 

Gemeente en Kerk

 Hopefield

 

Die stigting van die dorp het saamgeval met die stigting van die gemeente. Tot en met die

 stigting, het die hele area onder die Malmesbury gemeente geresorteer. Na die stigting van die

 Hopefield gemeente, is die Vredenburg  en Langebaanwyke as buitedienste van Hopefield bederf.   

Vredenburg het omstreeks 1902 afgestig en Langebaan in1988.

 

 13 Desember 1851 

Die eerste gemeente “Zouterivier word gestig.

Mei 1853

 Die kerkbode berig dat die naam na Hopefield verander ter ere van  Mnre. Hope(Doenebeampte)en Field (Sekrataris van die Regering)

 Kerkdienste word aanvanklik  in ‘n waenhuis / graanskuur gehou op die plaas “Langekuil” waar die nuwe dorp sou verrys.

  15 Januarie 1854

 Die eerste leraar, Ds J.H. Neethling, pas afgestudeer  in Nederland, word bevestig.

  Maart 1856

Die nuwe Pastorie word voltooi (te sien in Tuinstraat -‘n pragtige gebou!) Koste   £575

  1857 / 1858

‘n Aardbewing en baie swaar reëns verswak die fondamente van die waenhuis/ graanskuur waar kerk gebou is. Ook die Pastorie word beskadig.

  3 Julie 1876

 

 Toestemming word verleen om ‘n nuwe kerk te bou.

  8 Januarie 1877

 Die hoeksteen van die kerk word gelê.

  3 September 1879

 Die nuwe kerk word ingewy.

 11 Julie 1904

 Ds. Neethling tree na 50 jaar en 6 maande uit die bediening. Hy en sy gade kry lewensreg op die pastorie. 

Die kerk word vergroot. Twee sykante, ‘n toring en nuwe ligte en banke word  daargestel. Aangesienolielampe eers gebruik was,  is oorgeskakel  na aseteleen wat later weer ge-elektrifiseer is.

 

 Let op: Dat die middelste ligte 10 krone het en die res 5 krone.  Nuwe banke (£300) vervang die oues.‘n Kerkhorlosie vir die toring is uit Nederland ingevoer teen £150. ‘n Groter orrel is ook uit Hull Engeland ingevoer teen ‘n koste van £740 10s. Tien van hierdie orrels is na S.A ingevoer.Aangesien die orrel sentraal in die kerk geplaas is, moes die besondere preekstoel na die kant verskuif.

 Januarie 1917

Ds. J.H. Neethling sterf op die ouderdom van 88 jaar.  Hy word op die Kerkgronde begrawe.  Sy gade sterf in1930 en word langs hom te ruste gelê.

‘n Pragtige monument is in 1918 tot sy eer opgerig